Identiteit en Demokrasie Party

Logo

Identiteit en Demokrasie Party (Frans: Parti Identité et Démocratie; Italiaans: Partito Identità e Democrazia; Duits: Identität und Demokratie Partei), afgekort tot ID Party en voorheen bekend as die Movement for a Europe of Nations and Freedom (MENF), is 'n alliansie van nasionalistiese [1]regse populistiese[1] en Euroskeptiese[2] Europese politieke partye wat in 2014 gestig is. Die politieke groep in die Europese Parlement was Europa van Nasies en Vryheid, wat in 2019 opgevolg is deur Identiteit en Demokrasie.

In Mei 2024 is AfD uit die groep geskors nadat sy destydse leier, Maximillian Krah aan 'n Italiaanse koerant gesê het dat nie almal wat 'n SS-uniform gedra het 'n misdadiger was nie. Daar is op Krah se kantore toegeslaan toe sy assistent gearresteer is op beskuldigings van spioenasie vir die Chinese geheime dienste. In Julie, ná die verkiesings, het AfD sy eie groep Europa van Soewereine Nasies gestig.[3]

In Julie 2024 het verskeie ander nasionale partye besluit om I&D te verlaat en hulle by die nuwe groep Patriotte vir Europa aan te sluit, wat deur die Hongaarse premier Viktor Orbán gestig is. Dit betref die Franse Rassemblement National (RN) van Le Pen, die Chega uit Portugal, die Italiaanse Lega, die Oostenrykse FPÖ. Die i&D-groep het nie meer aan die vereiste van 23 lede van 7 lidlande voldoen nie en opgehou om te funksioneer.[4]

  1. 1,0 1,1 Nordsieck, Wolfram (2019). "European Union". Parties and Elections in Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2017. Besoek op 30 Mei 2019.
  2. Euroscepticism orca.cf.ac.uk [dooie skakel]
  3. "AfD and allies form new far-right group in Brussels called Europe of Sovereign Nations". Euronews. 10 Julie 2024.
  4. Vincenzo Genovese (4 Julie 2024). "European Parliament: Conservatives and Patriots mark the end of Identity and Democracy". Euronews.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search